Ontmoet Reuben
Chef Reuben het groot geword as die middelkind in ‘n liefdevolle familie in Franschhoek. Sy ma was ‘n huisvrou wat nou en dan uitgehelp het in verskeie restaurante. Sy pa was ‘n bouer. As ‘n hoërskool leerder in Paarl, het Reuben daarvan begin hou om opstelle te skryf, maar hy het gladnie geweet waar sy toekoms werklik lê nie. Dus het hy besluit om na skool aantesluit by sy pa in die konstruksie industrie.
Deur sy ma se aanhoudende betrekking in die restaurant industrie, het Reuben begin werk as ‘n kroegman en ‘n kelner. Ver van die uitsig van sy toekomstige beroep. Reuben was bekommerd dat hierdie naweekskof werk sal inmeng met sy sosiale tyd saammet sy vriende. Toe hy deur Hoof Chef , Richard Carsons, gevra word om in die kombuis te help, was hy as jong kind gladnie baie entusiasties nie - al wat dit vir hom beteken het was langer skofte en nog minder tyd saammet sy vriende.
Stadig maar seker, het die kombuis sy bo-natuurlike kragte op jong Reuben begin uitoefen. Terwyl hy na Chef Richard geluister het, het die werklikheid stadig begin inset: ” Hierdie is nie net ‘n beroep nie. Hierdie kan eintlik interessant wees. Hierdie kan iets wees waarop jy kan trots wees.” Hy het gesien: ‘n besige restaurant, kliente wat terug kom vir meer van die kos wat hulle so baie geniet het, en hulle geregte klaarmaak en met baie entusiasme sê ‘komplimente aan die Chef! ,’ die opgewondenheid van die kliente, die bewondering vir die Chef . Daar was ‘n gevoel daar, iets wat grooter was as die mense, en Reuben het besef hy wil deelwees daarvan.
Hy het begin lees, en tentatief begin eksperimenteer. ” Ek het nogsteeds nie geglo dat ek dit sou kon doen nie, dat ek ‘n bord van my eie kos sal kan uitstuur nie,” onthou hy. Maar lot het ‘n manier om dinge te vorseer . Die dag het gekom wat Chef Richard nie kon inkom werk toe nie, en die bestuurder het na Reuben gedraai. Daar was ongeveer twintig besprekings vir middagete en veertig vir aandete. Reuben het dit bymekaar gehou. Sommige van die kliente het aangedring daarop dat hy uit die kombuis uit kom sodat hulle hom persoonlik kan komplimenteer. Dit was ‘n koppige ondervinding, maar, Reuben sê met ‘n glimlag : ” Die kombuis het ‘n manier om jou terug te bring aarde toe as jy te groot word vir die wêreld.”
Die stempel was teen die tyd afgedruk - Reuben het begin bewus raak van sy passie. Oor die volgende paar jaar, het die lewe hom na verskeie kombuise, en verskeie plekke geneem - Balito Baai, die Waterfront in Kaapstad, en uiteindelik, terug huistoe in Franschhoek waar hy weer by die span van Richard Carsons by die Franschhoek Landgoed aangesluit het. Toe Chef Richard aanbeweeg, word die posisie aan Chef Reuben aangebied. “Ek het nogsteeds nie gerus gevoel om te aanvaar nie,” sê Reuben. “Ek het nie gevoel dat ek die ondervinding het nie, maar ek het besluit om die uitdaging stap vir stap aan te vat. Almal in die kombuis was verbaas. Almal was dalk nie goed geskool of opgelei nie, maar dit was ‘n woderlike span. Hulle het dit maklik gemaak.” Sukses en herkenning het gevolg. Binne drie jaar het Reuben dit gemaak tot in die IETA Restaurant Gids se Top 100, en toe die top 10 lys. Reuben het aangehou verbeter aan sy spel. “Ek wou nie net nog ‘n chef wees nie,” sê hy. “Ek wou die beste wees.” Sy natuurlike talent gekombineer met sy sukses en ambisie is vertaal na verskeie werks voorstelle.
Alhoewel Reuben baie gelukkig was waar hy was, was ‘n werks aanbod in Cambridge, VK, baie aanlokkend en uiteindelik onweerstaanbaar. Hy arriveer in Cambridge en vind dat die restaurant nognie eers klaar gebou was nie. Vir baie sou hierdie ‘n bitter teleurstelling wees, maar Reuben het sy moue opgerol en aangesluit by die konstruksie span. Die restaurant was gou op sy voete met Reuben in die kombuis, waar hy bobotie aan mede Suid Afrikaners bedien het wat ‘n draai kom maak het. “Ek het dit baie geniet, en as gevolg daarvan, was die restaurant ‘n sukses.” vertel Reuben.
Dit was toe dat Boekenhoutskloof wynhandelaar, Marc Kent, die prentjie betree. Hy het vir Reuben gekontak en hom in Cambridge gaan sien met ‘n aanbod. Kent het ‘n eiendom in Franschhoek gekoop waarvoor hy groot planne het en hy was opsoek na ‘n vennoot wat saammet hom ‘n puik restaurant kan ontwikkel. Die twee mans het dieselfde planne gehad, en na twee jaar in Engeland, het Reuben teruggekeer na Franschhoek.
Reuben het hierdie groot uitdaging met tipiese lewendigheid aangedurf en binne die eerste jaar is hy aangewys as die Chef Van Die Jaar en Reuben’s, sy restaurant, is aangewys as die Restaurant van die jaar. “Ek sien myself as baie gelukkig, sê Reuben. “Ander chefs werk net so hard soos ek en mag dalk nooit hierdie tipe sukses geniet nie.” Hierdie nederige woorde is krediet aan Reuben. Maar, sy sukses is sekerlik nie onverdien nie. In die bekende woorde van Gary Player: “Hoe meer jy oefen, hoe gelukkiger word jy.”


