Welkom by Reuben’s
Die tuiste van top gehalte etes, waar cuisine professioneel en met groot sorg opgedis word om selfs die mees gesoute connoisseur tevrede te stel.
Geregte word sorgvuldig gerangskik soos ‘n kulinêre meesterstuk op die palet bord en voorgesit as ‘n kunswerk wat die mond laat water met afwagting, die oë laat sprankel met verwondering en sintuie vul met die plesier van vervulling. Reuben’s restaurant is ‘n hawe vir die siel wat smag na kulinêre vervulling.
Welkom by die gastronomiese trots van die lieflike Franschhoek, waar die palaat van jonk en oud vervul sal word met dekadente geure en smake. Die fantastiese geregte is die hoof bestandeel van die sukses wat vir die restaurant en die chef (Reuben homself) verskeie toekennings laat inpalm het. Om nie te praat van die bewondering en komplimente van almal wat al die voorreg gehad het om Reuben se cuisine op die proef te stel.


